'n Geskiedenis van Groei en Drôme
1948 – 'n Beskeie begin / 1948 – A Humble Beginning
Die geskiedenis van Laerskool Malelane is saamgestel deur dr. W. Radley en mnr. P.M.J. Otto.
Dr. W. Radley, beter bekend as Oom Will, en sy vrou, Tannie Marietjie, was van die eerste boere in die Malelane-gemeenskap. Hulle liefde vir kinders en passie vir onderwys het die grondslag gelê vir die stigting van Laerskool Malelane.
Destyds was plaaslike kinders verplig om vir laerskoolonderrig na Komatipoort of Nelspruit te reis, terwyl hoërskoolleerlinge na Lydenburg of Belfast moes gaan. Die behoefte aan 'n plaaslike skool het al hoe groter geword.
​
In 1948 het 'n groep boere besluit om 'n skool op Malelane te vestig. Mev. L. de Villiers het namens die gemeenskap aansoek gedoen vir die oprigting van 'n private, staatsondersteunde skool. Weens 'n tekort aan fondse is die versoek egter afgekeur.

Dr. Radley was aan ons beter bekend as Oom Will
Oom Will Radley, saam met Mev. Marietjie Radley, het ’n reuse bydrae gelewer tot die ontstaan van Laerskool Malelane.
​
Ons eer vandag vir Oom Will Radley en Mev. Marietjie Radley vir hul onskatbare rol in die stigting van Laerskool Malelane. Met toewyding, visie en ’n diep liefde vir die gemeenskap het hulle ’n fondament gelê waarop generasies kinders kon groei en ontwikkel. Hulle nalatenskap leef voort in elke leerder wat deur hierdie skool se deure stap.

Godsdiens
“Lord I lift your Name on high,
Lord I love to sing You praises.
I’m so glad You’re in my life…”
Looking at the words of this song I can not but realize the great truth that we need the Lord in our lives, and even more in our schools!
​
Dit is so dat daar tans ‘n hewige debat aan die gang is oor die rol van godsdiens in ons skole. Gelukkig is ons bevoorreg om ‘n goed gestruktureerde Grondwet aan ons kant te hê! Die Beheerliggaam van die skool bepaal die etos en waardes van die skool en ons kan met oortuiging verklaar dat ons God as ons leidsman stel.
​
When doing this we do not exclude any other religion, for that will be against the spirit of our constitution and religious freedom. We encourage children to live according to core values. These values are actually threaded through all religious activities, not just Christianity!
​
Laat ons dan volgens ‘n vaste stel positiewe waardes leef. Gee dat ons die nodige voorbeeld sal stel en ware rolmodelle vir ons kinders sal wees. Verseker dan dat ons dit kan doen in geloof, hoop en liefde.
Religious teaching at Laerskool Malelane:
The Christian approach remains of the utmost importance to us, and we offer ONE period of religious teaching in flexi-time as well as a weekly church period of 30 minutes, where pastors of all denominations have the opportunity of congregating with their youth.
Kernwaardes van die skool
Eerste Kernwaarde: LIEFDE/LOVE
Die kern van die vrug van die Heilige Gees is liefde: Vreugde is liefde wat sing; vrede is liefde wat rus; geduld is liefde wat uithou; vriendelikheid is liefde se sagte aanraking; goedhartigheid is liefde se aard; getrouheid is liefde se goeie gewoonte; nederigheid is liefde wat selfvergetend handel; en selfbeheersing is liefde wat leisels hou!
01
Eerlikheid / Honesty
02
Lojaliteit / Loyalty
03
Geloof / Belief
04
Gelykheid / Equality
05
Betroubaarheid / Trustworthiness
06
Humor / Humour
07
Doeltreffende Kommunikasie / Effective Communication
08
Konsekwentheid / Consistency
09
Buigsaamheid & aanpasbaarheid / Flexibility & adjustability
10
Empatie & Deernis / Empathy & Compassion
11
Integriteit / Integrity
Taalbeleid
Laerskool Malelane is ‘n parallel-medium skool waar Afrikaans en Engels as Huistaal aangebied word.
​
Beide Engels en Afrikaans word ook as Eerste Addisionele Taal aangebied.
​
Daar is een Afrikaanse en een Engelse klas per graad.
